Meer Oor Ons
Die deure van die firma het in Julie 2008 amptelik oopgemaak en ons sal binnekort ons 5de verjaardag vier. Hoewel ons in George gebasseer is, word ons dienste nie beperk tot die onmiddelike geografiese omgewing nie. Ons kan met trots sê dat ons kliënte van so ver as Kaapstad en Uniondale het.
By AtB het ons ‘n wye verskeidenheid dienste wat boekhouding en rekeningkundige dienste, finansiële state, maatskappy stigtings, BTW-berekeninge en rekonsiliasies, inkomstebelasting (persoonlike en korporatiewe), salaris berekeninge, BEE vir vrygestelde mikro-ondernemings en registrasies vir inkomstebelasting, BTW, LBS, WVF asook Ongevalle Kommissaris insluit.
As 'n eties gesonde rekeningkundige firma is ons trots op die verskaffing van 'n professionele diens aan ons kliënte, terwyl ons hoë standaarde op beide 'n persoonlike en 'n besigheids-vlak handhaaf.